Graad: 5
Vak: aht
Taal: a Leesstuk
Lees die leesstuk aandagtig deur: Hulle is op die sandbank langs die strandmeer toe Mandi sê dat sy ‘n kruisie gesien het. In gelid tol almal om. “Wat bedoel jy?” Mannetjies klink skoon aggressief. Daar is nie ‘n kruisie op die kaart nie. Ek het al ‘n duisend keer daarna gekyk en niks gesien nie.” “Ek het gesê julle moenie vir my lag nie. Maar daar ís ‘n kruisie.” “Waar?” vra Sus ongeduldig. “Deksels! Sê nou!” Mandi giggel skielik. “Raai-raai. Toe, julle wil mos nooit raai-raai speel nie.” “Sy het niks gesien nie,” sê Mannetjies vies. “Net toe ek dink dalk gebeur daar iets goed vir ‘n slag.” “Die swaardes,” sê Mandi. “Die twee swaarde onder die vlag is gekruis – dit maak ‘n kruisie, ‘n baie groot kruisie, Maar dit is ‘n kruisie.” “Is jy getik?” praat Mannetjies sonder om te dink. “Brood!” Piesang is beïndruk. “Hoe sê professor Higgins op daai plaat wat my ma altyd speel? ‘She’s got it! By jove, she’s got it!’ “ Hulle ken almal die kaart uit hulle koppe uit. “Is julle almal getik?” verskil Mannetjies kwaai. “Die swaarde hang in die lug bokant die kasteel. Het julle miskien ‘n skat in die lug bokant die kasteel sien hang? Toe, sê my! Het julle?” “Natuurlik is daar ‘n skat!” “Nou ja. Ek het net gesien daar is ‘n groot kruis wanneer ‘n mens onderstebo na die kaart kyk. Andersom ook.”
“Komaan, Mannetjies,” sê Sus. “moet nou nie so naar met Mandi wees nie. Dalk het sy iets beet.” “Dis omdat hy hierdie jaar hoofseun is,” kap Mandi terug. “Dit het hom verwaand gemaak. Hy dink dis net hy wat kan dink.” “O ja, sou slimmie. Sê dan aan my wat dit beteken,” daag Mannetjies. “Dit beteken dat ons die skatkaart net soos alle ander kaarte ‘n kruisie op het,” tree Piesang vir Mandi in die bres. Dit beteken dat daar niks met ons kaart verkeerd is nie. Onthou, alles wat op daardie kaart is en wat ons kan verstaan, was tot dusver daar, regtig daar.” Bron: Die vrolike vyf se eiland-avontuur – Jan Combrink bl. 45eun (Edms) Bpk.
Afrikaans graad 5 Leesstuk Hulle is op die sandbank langs die strandmeer toe Mandi sê dat sy ‘n kruisie gesien het. In gelid tol almal om. “Wat bedoel jy?” Mannetjies klink skoon aggressief. Daar is nie ‘n kruisie op die kaart nie. Ek het al ‘n duisend keer daarna gekyk en niks gesien nie.” “Ek het gesê julle moenie vir my lag nie. Maar daar ís ‘n kruisie.” “Waar?” vra Sus ongeduldig. “Deksels! Sê nou!” Mandi giggel skielik. “Raai-raai. Toe, julle wil mos nooit raai-raai speel nie.” “Sy het niks gesien nie,” sê Mannetjies vies. “Net toe ek dink dalk gebeur daar iets goed vir ‘n slag.” “Die swaardes,” sê Mandi. “Die twee swaarde onder die vlag is gekruis – dit maak ‘n kruisie, ‘n baie groot kruisie, Maar dit is ‘n kruisie.” “Is jy getik?” praat Mannetjies sonder om te dink. “Brood!” Piesang is beïndruk. “Hoe sê professor Higgins op daai plaat wat my ma altyd speel? ‘She’s got it! By jove, she’s got it!’ “ Hulle ken almal die kaart uit hulle koppe uit. “Is julle almal getik?” verskil Mannetjies kwaai. “Die swaarde hang in die lug bokant die kasteel. Het julle miskien ‘n skat in die lug bokant die kasteel sien hang? Toe, sê my! Het julle?” “Natuurlik is daar ‘n skat!” “Nou ja. Ek het net gesien daar is ‘n groot kruis wanneer ‘n mens onderstebo na die kaart kyk. Andersom ook.” “Komaan, Mannetjies,” sê Sus. “moet nou nie so naar met Mandi wees nie. Dalk het sy iets beet.” “Dis omdat hy hierdie jaar hoofseun is,” kap Mandi terug. “Dit het hom verwaand gemaak. Hy dink dis net hy wat kan dink.” “O ja, jou slimmie. Sê dan aan my wat dit beteken,” daag Mannetjies. “Dit beteken dat ons die skatkaart net soos alle ander kaarte ‘n kruisie op het,” tree Piesang vir Mandi in die bres. Dit beteken dat daar niks met ons kaart verkeerd is nie. Onthou, alles wat op daardie kaart is en wat ons kan verstaan, was tot dusver daar, regtig daar.” Bron: Die vrolike vyf se eiland-avontuur – Jan Combrink bl. 45eun (Edms) Bpk.
Waar of onwaar
Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a
Vraag: 0001
Vraag naam: Begripstoets Mandie het die kruisie eerste gesien.
Korrekte Antwoord:
Waar Onwaar
Waar of onwaar Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a
Vraag: 0002
Vraag naam: Begripstoets “In gelid tol almal om.” Dit beteken dat hulle omdraai.
Korrekte Antwoord:
Waar Onwaar
Waar of onwaar Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a
Vraag: 0003
Vraag naam: Begripstoets Mannetjies oordryf as hy sê dat hy ‘n duisend keer na die kaart gekyk het.
Korrekte Antwoord:
Waar Onwaar
Waar of onwaar Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1 Vraag naam: Begripstoets
Die 2 swaarde vorm ‘n kruis.
Korrekte Antwoord:
Waar Onwaar
Taal: a
Vraag: 0004
Waar of onwaar Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1 Vraag naam: Begripstoets Die vlag is onder die swaarde.
Korrekte Antwoord:
Waar Onwaar
Taal: a
Vraag: 0005
Waar of onwaar Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a
Vraag: 0006
Vraag naam: Begripstoets
Piesang is hierdie jaar die hoofseun.
Korrekte Antwoord:
Waar Onwaar
Waar of onwaar Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a
Vraag: 0007
Vraag naam: Begripstoets
“Dit het hom verwaand gemaak.” Verwaand beteken hoogmoedig.
Korrekte Antwoord:
Waar Onwaar
Waar of onwaar Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a
Vraag: 0008
Vraag naam: Begripstoets
Mannetjies tree vir Mandi in die bres.
Korrekte Antwoord:
Waar Onwaar
Veelvuldige Keuse-vrae Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1 Vraag naam: Begripstoets “Jy is getik” beteken ...
Korrekte Antwoord: 1)jy is effens mal 2) jy is deurmekaar 3) jy is dom 4) jy is aan die slaap
Taal: a Vraag: 0009
Veelvuldige Keuse-vrae
Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0010
Vraag naam: Begripstoets Piesang voel beïndruk, wat beteken ...
Korrekte Antwoord: 1)dit het hom bemoedig 2)dit het indruk op hom gemaak 3)dit het hom verstom gelaat.
Veelvuldige Keuse-vrae Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0011
Vraag naam: Begripstoets As mens van iemand verskil, dan ...
Korrekte Antwoord: 1)word jy sommer kwaad 2)baklei jy 3)stem jy nie saam nie
Veelvuldige Keuse-vrae Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0012
Vraag naam: Begripstoets Die “skat” waarvan hier gepraat word, is ...
Korrekte Antwoord: 1)iemand hoog ag 2)groot hoeveelhede waardevolle goed 3)’n lieftallige persoon
Veelvuldige Keuse-vrae Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0013
Vraag naam: Begripstoets Wie stem nie saam met die ontdekking van die kruisie nie?
Korrekte Antwoord: 1)Mannetjies 2)Piesang 3)Mandi
Veelvuldige Keuse-vrae Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0014
Vraag naam: Begripstoets ‘n Skatkaart dui aan ...
Korrekte Antwoord: 1)waar twee swaarde kruis 2)waar ‘n skat begrawe is 3)waar die kasteel is
Veelvuldige Keuse-vrae Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1 Vraag naam: Begripstoets
“Ou slimmie” beteken...
Korrekte Antwoord: 1)hy hou hom slim 2)hy is slim
Taal: a Vraag: 0015
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0016
Vraag naam: Begripstoets Mandi is “gekwets” wat beteken sy voel beledig / woedend.
Korrekte Antwoord: beledig
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0017
Vraag naam: Begripstoets
‘n Mens kan op een / twee maniere die kruis sien.
Korrekte Antwoord: Twee
Invul vrae:
Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0018
Vraag naam: Begripstoets
Hoe tree Mannetjies teenoor Mandie op? Is hy katterig of naar met haar?
Korrekte Antwoord: naar
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0019
Vraag naam: Begripstoets Wie van die karakters is dalk reg oor die kruis?
Korrekte Antwoord: Mandi
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0020
Vraag naam: Begripstoets Watter woord sê Piesang as hy dink iets is goed?
Korrekte Antwoord: Brood
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0021
Vraag naam: Begripstoets
Wat het hierdie skatkaart wat alle ander skatkaarte het? `n.........
Korrekte Antwoord:
‘n kruis
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0022
Vraag naam: Begripstoets Is daar iets met hierdie kaart verkeerd? ja / nee
Korrekte Antwoord: Nee
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0023
Vraag naam: Begripstoets
Piesang tree vir Mandi in die bres. Dit beteken hy hy help / verdedig haar.
Korrekte Antwoord:
verdedig
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0024
Vraag naam: Begripstoets
As Mandi iets “beet” het, beteken dit letterlik of figuurlik?
Korrekte Antwoord:
figuurlik
Invul vrae: Graad: 5
Vak: AHT
Vraestel: vstl _1
Taal: a Vraag: 0025
Vraag naam: Begripstoets Watter een van die volgende sal jy as titel vir hierdie leesstuk beskou? Die kruis / kasteel op die kaart.
Korrekte Antwoord:
kruis