As ons afrond, sê na die naaste 10, dan gebruik ons, sonder dat ons dit altyd weet, die helfte van 10 as ’n riglyn om te weet watter kant toe om af te rond. Dink byvoorbeeld aan die volgende vraag: Rond 7 af na die naaste 10 Ons weet 7 is na die 5, en daarom rond 7 af na 10
Rond 4 af na die naaste 10 Ons weet 4 is voor die 5, en daarom rond 4 af na 0
Rond 137 af na die naaste 10 Die laaste syfer is meer as 5, en daarom rond 137 af na die volgende Tiene, wat 140 is.
Rond 134 af na die naaste 10 Die laaste syfer is minder as 5, en daarom rond 134 af na die vorige Tiene, wat 130 is.
Jy het nou geleer om, wanneer jy 137 moet afrond na die naaste 10, te kyk na die getal in die Ene kolom, en as dit 5 of meer is, die getal in die Tiene-kolom, waarheen jy moet afrond, met een meer te maak, maar dit is bloot ’n Wiskundige tegniek om te verduidelik wat ons eintlik hierbo gedoen het. As jy na die naaste 5 toe moet afrond, gaan jy nie gebruik maak van die tegniek nie, maar van logiese denke: jy besluit aan watter kant van die helfte van 5 die getal is, op presies dieselfde manier as wat jy besluit het aan watter kant van die helfte van 10 die getalle hierbo was. As jy dus gevra word om 7 af te rond na die naaste vyf, dan sien ons dat “5” en “10” die twee vywe is aan weerskante daarvan, en die helfte van hierdie vyf is by 7½. 7 lê dus aan die onderkant van hierdie helfte, en
daarom rond 7 af na 5. ’n Getal soos 8, egter, lê anderkant die helfte van 5, en sal dan afrond na 10 toe. Kyk nou mooi na die volgende voorbeelde: Rond elke getal af na die naaste 5, deur die twee vywe aan weerskante eers te identifiseer, asook waar die helfte van hierdie vyf sal wees: ___ 27 ___ ___ 69 ___ ___ 756 ___ ___ 8 693 ___