meting omtrek omskakeling van eenhede

Report 69 Downloads 47 Views
Jy gaan ook die afmetings van die omtrek moet kan omskakel na verskillende eenhede toe: Jy kan die individuele afmetings van die voorwerp eers omskakel, en dan die omtrek uitwerk. Dit word verkies dat jy elkeen van die individuele afmetings eers sal omskakel voordat jy die berekening vir die omtrek doen, omdat jy later dieselfde gaan moet kan doen vir oppervlakte, en dan is hierdie ‘n broodnodige stap! Dus, as jy het: ‘n vierkant met sye van 50mm. Bereken die omtrek van die vierkant en gee die antwoord in cm. K H D m d s m Dan skakel jy eers die sye om 5, 0 na sentimeter...dit is 5cm, en dan is die omtrek, volgens die formule: 4l = 4 x 5 = 20cm. Doen dan gou dieselfde vir die volgende: 1) ‘n Reghoek met die volgende afmetings: lengte 10cm en breedte 7cm. Bereken die omtrek van die reghoek en gee die antwoord in mm. 2)

‘n Vierkant met sye van 8cm. Bereken die omtrek van die vierkant en gee die antwoord in m.