eksponente en magte

Report 196 Downloads 83 Views
eBoeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Vierkante en Derdemagte Wat is die antwoorde van die volgende: a) 1 X 1 b) 3 X 3 c) 6 X 6 d) 12 X 12

= = = =

_________________ _________________ _________________ _________________

Vat nou hierdie 4 antwoorde en tabelleer hulle faktore: ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ ___________________________________________________________ Wat merk jy op van die aantal faktore wat hierdie getalle het? _________ Hierdie getalle wat verkry word deur ‘n natuurlike getal met homself te vermenigvuldig, staan bekend as die vierkante of vierkantsgetalle of “kwadrate”. Die proses staan bekend as “KWADRERING”. ‘n Vierkant het altyd ‘n onewe aantal faktore. Tabelleer die eerste 10 vierkante: _________________________________________________ Bepaal die kwadrate van die volgende getalle: a) 4 ______________ b) 6 c) 12

_____________

d) 16

________________ _______________

Op dieselfde manier kan ons derdemagte, vierdemagte, vyfdemagte, ens. kry, maar dis net tweedemagte wat ‘n eie naam het (“kwadrate” of “vierkante”). Oorspronklike outeur: Me. G Schoeman (Laerskool Louis Leipoldt)

eBoeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Kom ons som dit dan nou gou op, sodat jy maklik hiernatoe kan terugverwys  ‘n Vierkant of kwadraat is ‘n getal wat gekry is deur ‘n ander getal met homself te maal, bv. 3 x 3 = 9, dan is die 9 ‘n vierkant of ‘n vierkantsgetal, maar 9 is die kwadraat van 3, of 3 kwadraat is 9.  ‘n Derdemag is ‘n getal wat verkry is deur ‘n ander getal met homself drie keer te maal, bv. 4 x 4 x 4 = 64, dan is 64 ‘n derdemag. As jy elke keer wanneer jy ‘n getal se kwadraat wil neerskryf dit twee keer langs mekaar moet doen, dan kan dit nogal tydrowend raak, en by derdemagte sal dit nog erger wees! Om dinge makliker te maak, maak ons dan in Wiskunde gebruik van eksponente. ‘n Eksponent is ‘n klein getalletjie regs-bo wat vir jou sê hoeveel keer word daardie spesifieke getal met homself gemaal. Vir kwadrate sal die eksponente die maal-bewerking soos volg vereenvoudig: Die kwadraat van

4:

4x4

=

42

10:

10x10

=

102

4:

4x4x4

=

43

10x10x10 =

103

En vir derdemagte 10:

Oorspronklike outeur: Me. G Schoeman (Laerskool Louis Leipoldt)

eBoeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Ons definieër dit soos volg:

Kom ons werk nou deur ‘n aantal voorbeelde om jou vertroud te maak met hierdie begrippe: 1)

2)

Skryf die getalle uit: 31

32

35

38

Gebruik die uitgebreide (lang) manier om eksponente te skryf en bereken die antwoorde van die volgende: 52 36

27

46 Oorspronklike outeur: Me. G Schoeman (Laerskool Louis Leipoldt)

eBoeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

3)

Skryf die magte as getalle 52 x 25

82

13 + 24 + 35

4)

Voltooi die volgende tabel Mag 25

Grondtal

Eksponent

3

2

Antwoord 16

Oorspronklike outeur: Me. G Schoeman (Laerskool Louis Leipoldt)