Eksponente eksponente is wiskundige afkortings

Report 32 Downloads 38 Views
Eksponente is “wiskundige afkortings”. Ons kan dus lang somme doen in vinnige, kort stappe deur sekere “wette” te ken en reëls toe te pas. Hierdie reëls en wette moet aangeleer word , aangesien dit deel vorm van die “taal” wat ons praat wanneer ons met Wiskunde werk, net soos wat jy jou woordeskat moes leer ken en uitbrei om Afrikaans te kan praat. Eerste dinge eerste, egter! As jy kyk na iets soos 5 x 5 x 5, dan kan jy die antwoord uitwerk deur 5 drie keer te maal, en jy sal ‘n antwoord kry van 125. Om dit egter op ‘n korter manier te skryf vat ons die hoeveelheid keer wat die getal gemaal word, en skryf dit regs bo-aan die 5, soos volg: 53. Dit beteken dan dat ons dit moet skryf as 5 x5 x 5. Ons verwys ook dan na die “5” as die “grondtal” en die 3 staan bekend as die “eksponent”. Jy sal moet weet hoe om die antwoord te bepaal, deur die getalle te maal (dan praat ons gewoonlik van die “uitgebreide vorm”), of hoe om die eksponente te skryf as jy ‘n klomp getalle het wat langs mekaar geskryf is, en vermenigvuldig word. Dit is belangrik dat jy mooi weet wat dit beteken! 24 = 2 x 2 x 2 x 2 = 16 a3 = a x a x a

Eksponente

Kyk mooi na die volgende – maar seker jy verstaan!  2a3 = 2 x a x a x a  (2a)3 = 2a x 2a x 2a = 8a3  (2 x 2 x 2 = 8 en a x a x a = a3)  24a = 2 x 2 x 2 x 2 x a = 16a  a 2b = a x a x b  ab3 = a x b x b x b  (ab)3 = ab x ab x ab  3(ab)2 = 3 x ab x ab  (a – 2b)2 = (a – 2b) x (a – 2b)

Eksponente